Maandelikse Argief vir March, 2010

Julius Malema het te ver gegaan!

Julius Malema het te ver gegaan!  Die afgelope twee weke het hy by minstens twee openbare geleenthede die lied “Awedubula i’Dubulu” gesing.  Hier is ʼn vertaalde weergawe van die lied:

Ayasaba amagwala

“Hulle is bang die lafaards”

Awudubule (i)bhunu

“Skiet jy tog die/’n boer”

Ziyarobha le zintsha

“Hulle (be)roof, hierdie honde”

Die woord “boer” word in hierdie konteks gebruik as ’n vloekwoord om na wittes, of Afrikaners te verwys.  AfriForum Jeug het ’n veldtog van stapel gestuur om Julius Malema finaal vas te vat.  Hierdie veldtog gaan net werk as JY daaraan deelneem.  Die veldtog gaan onder meer die volgende behels:

  • ʼn Klag van haatspraak by die Gelykheidshof

’n Haatspraak-klag is deur AfriForum Jeug en AfriForum teen Malema by die Gelykheidshof ingedien.  Julius Malema is die eerste respondent en die ANC is die tweede respondent.  Die ANC is as party gevoeg, aangesien hulle verklaar het dat daar niks fout is met die woorde “Skiet die boere” nie.  In die hofsaak, eis AfriForum Jeug en AfriForum:

  1. Dat die lied “Awudubule (i)bhunu” tot haatspraak verklaar word;
  2. Dat Julius Malema beveel word om verskoning vir sy gedrag te vra;
  3. Dat Julius Malema skadevergoeding betaal in die vorm van ’n bedrag geld wat moet gaan aan organisasies wat met die slagoffers van plaasaanvalle werk; en
  4. Dat die saak na die Direkteur van Openbare Vervolgings verwys word vir strafregtelike vervolging van Malema.
  • Stop Malema-petisie

’n Petisie is begin om te wys dat Malema se optrede nie deur die publiek goedgekeur word nie.  Die petisie word na Malema se e-posadres gestuur.  Dit gaan ook by die hof as getuienis teen Malema gebruik word.  Die petisie kan op hierdie webblad (www.stopmalema.co.za) ondersteun word.  Petisievorms kan ook hier afgelaai en aan AfriForum Jeug teruggefaks word.  Verder kan R10-00 tot die veldtog bygedra word deur “STOP” na 38655 te SMS (die SMS’e se koste is met ander woorde R10-00 elk).

  • Oorhandiging van memorandum en lys van plaasaanvalslagoffers by Malema se kantoor

Op Vrydag, 19 Maart 2010, om 10:00 gaan AfriForum Jeug en die publiek in Johannesburg saamtrek om ‘n memorandum van protes en ’n lys van meer as 1 600 slagoffers van plaasmoorde  aan die ANC Jeugliga te oorhandig.  Bekendes soos Steve Hofmeyr, Gerrie Pretorius, Sean Else en Sunette Bridges gaan ook daar wees.  Besonderhede verskyn op die Stop Malema Faceboekgroep.

  • Ander aksies

Verskeie ander aksies gaan ook teen Malema geloods word.  Hierdie aksies sal in die media en op hierdie webblad aangekondig word.

  •  Lidmaatskap

Voltydse studente kan deur die webblad www.afriforumjeug.co.za lede van AfriForum Jeug word.  Alle ander belangstellendes is welkom om by www.afriforum.co.za by AfriForum aan te sluit.

ONDERSTEUNENDE BEËDIGDE VERKLARING – Gelyksheidshof Johannesburg (klik om af te laai)

STAWENDE BEËDIGDE VERKLARING – Gelykheidshof Johannesburg (klik om af te laai)


STOP MALEMA

Julius Malema

Hiermee wil ek jou in kennis stel dat jou optrede vir my geheel en al onaanvaarbaar is.  Ek beskou die woorde “Skiet die boere”, wat jy by verskeie geleenthede gesing het, as beledigend, krenkend, en ’n bedreiging vir my lewe.  Ek eis dus dat AfriForum Jeug en AfriForum regstappe teen jou neem.

*Hiermee gee ek toestemming dat AfriForum Jeug en AfriForum mag kontak hou met my.

Laai ‘n petisievorm hier af