Gelykheidshof straf Malema met kostebevel
Die Gelykheidshof in Johannesburg het vandag vir Julius Malema met ʼn kostebevel gestraf omdat hy versuim het om ʼn verweerskrif op die datum soos deur die hof gelas, af te lewer.
AfriForum verwag binnekort uitspraak in die haatspraakgeding teen die ANC Jeugliga-president Julius Malema oor sy volgehoue sing van die haatliedjie “Dubula ibhunu” (“Skiet die Boer”) wat in die Suid-Gautengse hooggeregshof (sittend as die gelykheidshof) in Johannesburg aangehoor is. AfriForum is vol vertroue dat hulle ’n sterk saak teen Malema gestel het en wil met hierdie hofsaak ‘n duidelike boodskap uitstuur dat niemand bo die reg verhewe is nie. Die datum van die uitspraak is nog nie bekend nie en sal binnekort aangekondig word. AfriForum het egter nou meer as ooit die publiek se steun nodig om te wys dat Suid-Afrikaners nie Malema se optredes goedkeur nie. Hoe meer steun hierdie hofsaak kry, hoe groter die impak.
Jy kan help!
- Skenk R10-00 vir AfriForum se regskoste deur die woord STOP na 38655 te SMS;
- Sluit aan by AfriForum se Stop Malema-Facebookgroep; en
- Sluit aan by AfriForum.
Wat wil AfriForum met die hofaksie bereik?
AfriForum vra die Gelykheidshof om:
- ʼn Bevel uit te reik wat Malema se uitsprake soos “Skiet die Boer, hulle is verkragters” en “Die lafaards is bang. Jy moet die Boer skiet. Hulle roof en is honde”, tot haatspraak verklaar;
- ʼn Interdik toe te staan wat Malema verbied om opswepende uitsprake te maak wat vyandigheid teen enige etniese groep, insluitend Afrikaners, aanmoedig en bevorder; en
- ʼn Kostebevel uit te reik, in terme waarvan Malema moet instaan vir die regskoste van hierdie saak, asook van die twee hofsake wat plaasgevind het in die aanloop tot die verwysing van hierdie saak na die Hooggeregshof. Die regskoste beloop reeds duisende rande.
Wat gebeur as Malema bloot die hof ignoreer?
Sou die hof in AfriForum se guns beslis en Malema ignoreer die uitspraak, gaan AfriForum die volgende doen:
- Indien Malema aanhou om die polariserende slagspreuke te gebruik, sal AfriForum die hof nader om Malema van minagting van die hof skuldig te laat bevind. Sou Malema volhard, kan hy agter tralies beland.
- Indien Malema weier om die regskoste te betaal, sal AfriForum ʼn proses begin om op van sy bates beslag te lê en dit te verkoop om die koste te verhaal.
Dankie vir jou steun wat dit vir AfriForum moontlik maak om Malema vas te vat!

